De Smit Eksklusiewe Strukture is jou vennoot in die skep van stylvolle en funksionele buitelugruimtes. Ons spesialiseer in hardelandskapsontwerp en die vervaardiging en oprigting van eksklusiewe strukture en houtdekke.
Ons bied ook professionele dienste vir die installering van reënwater- en gryswaterstelsels, insluitend filters en pompe. Ons missie is om jou tuin te transformeer in 'n pragtige uitbreiding van jou huis – 'n plek waar gesinne waardevolle tyd kan spandeer in 'n stylvolle en praktiese buiteleefarea wat die waarde van jou eiendom én jou leefstyl verhoog.
Met ons uitgebreide kundigheid en sorgsame benadering, is De Smit Eksklusiewe Strukture die ideale diensverskaffer om jou projek van begin tot einde professioneel te beplan, te bestuur en suksesvol af te handel.
De Smit Eksklusiewe Strukture (Edms.) Bpk. spesialiseer in harde landskappering, die vervaardiging en oprigting van 'n wye verskeidenheid eksklusiewe strukture en houtdekke, sowel as besproeiing, dreinering, filters en pompe.
Met beplande fokuspunte en die regte ontwerp word estetiese waarde verhoog, wat 'n ruimte omskep in 'n uitbreiding van jou huis—na nuwe hoeke wat vreugde en inspirasie bring.
Buiteleef-areas skep die ideale spasie vir vermaak en bied die geleentheid omkwaliteittyd saam met geliefdes in diebuitelug deur te bring.
By De Smit Eksklusiewe Strukture is ons passievol oor gemeenskapsontwikkeling en die verbetering van publieke ruimtes. As een van die oorspronklike stigterslede van Christen Aksie Netwerk (CAN) in 2019, bly ons toegewyd tot volgehoue dienslewering aan hierdie nie-winsgewende organisasie.
Hierdie tuiste lê na aan ons hart. Ons het die omgewing en gronde opgeknap om die trots van die tuiste te herstel. Die groentetuin verskaf vars, gesonde groente wat gebruik word in die voorbereiding van etes vir die kinders.
LEES MEERDie tuin is opgegradeer tot 'n uitnodigende buiteleef-area waar inwoners die buitelug kan geniet. Hierdie projek is moontlik gemaak deur die ondersteuning van verskeie individue en ondernemings.
Christen Aksie Netwerk is gestig omdat ons mense en besighede wil aanmoedig om saam met ons iets positief aan en in ons omgewing wil begin bewerkstellig.
Hoewel ons span hierdie projekte bestuur, is ons altyd op soek na bykomende ondersteuning. Indien jy graag wil help om saam met ons 'n verskil te maak, volg die skakel hier onder.
Kom ons werk saam om ons gemeenskap te versterk en te verbeter.